Kinderboeke

Die eerste reeks kan self gelees word, of voorgelees word vir ouderdomme van 6 tot 13 jaar. Die “Tien Seuns” en “Tien Dogters” is saamgestel uit 10 hoofstukke met die lewensverhale van verskillende persone. Aan die einde van elke verhaal is daar interessante geskiedkundige of ander feite, iets om oor na te dink, ʼn les en ʼn kort gebed. Elke boekie eindig ook met ʼn vasvra.