R 90.00
Sal jy daarvan hou om die wêreld te verander? Hierdie tien seuns het!
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Sal jy daarvan hou om die wêreld te verander? Hierdie tien seuns het! Vind uit hoe Eric Liddell die wedloop gewen het en die Here geëer het. David Livingstone het ʼn ontdekkingsreisiger geword en die Bybel na Afrika geneem. Adoniram Judson was in die tronk en het vir ʼn volk die Bybel vertaal. Nicky Cruz het by bendes aangesluit tot hy by die kerk van die Here aangesluit het. Luis Palau is deur die Here verander en gebruik om ander te verander. William Carey het die Bybel vertaal en Gods Woord aan Indië gegee. George Muller het weeskinders gered en is vertrou met miljoene Rande. Broer Andrew het Bybels na Rusland gesmokkel en hoop vir duisende mense gebring. John Newton het slawe aangekeer, maar die Here het hom ook gebruik vir hulle vrylating. Billy Graham het gepreek en die Here het hom gebruik om mense oral in die wêreld te verander.