Tien Seuns wat Geskiedenis gemaak het

R 90.00

Sal jy daarvan hou om geskiedenis te maak?  Hierdie tien seuns het presies dit gedoen!

Versending

Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.

Kategorie:

Beskrywing

Sal jy daarvan hou om geskiedenis te maak?  Hierdie tien seuns het presies dit gedoen!  Vind uit hoe Samuel Rutherford vir mense gewys het dat liefde beter werk as vrees. John Owen het vriende gemaak met magtige regeerders en nederig ambagsmense.  Jonathan Edwards het die Rooi Indiane gehelp en later ʼn Professor by Princeton geword.  George Whitefield het vir duisende mense gepreek, en baie gedoen om kinders te red. Robert Murray McCheyne het sy broer verloor, maar die Here gevind. Dwight Moody het skoene verkoop en toe vir kinders vanuit ʼn karavaan geleer. Billy Sunday was ʼn professionele sportman en toe ʼn Evangelieprediker. Charles Spurgeon het in ʼn sneeustorm tot bekering gekom en toe vir die wêreld van Jesus vertel. Aiden Tozer het hanslammertjies gered, en daarna het die Here Jesus hom kom red.  Martyn Lloyd-Jones het ʼn dokter geword en toe beter medisyne vir mense se siele gevind.

Lees hierdie boek en vind uit hoe jy gesiedenis kan maak.