R 90.00
Sal jy enduit volhou? Hierdie tien seuns bet grootgeword en enduit volgehou. Hulle bet die regte pad gekies en nie die maklikste pad nie.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Sal jy enduit volhou? Hierdie seuns het grootgeword en enduit volgehou. Hulle het die regte pad gekies en nie die maklikste pad nie. Polikarpus was ʼn slaaf, maar het sy vryheid prysgegee ter wille van die Here Jesus. Alban was in gevaar, maar het nie voor vals gode gebuig nie. Sir John Oldcastle se huis was sy wegkruipplek, maar hy het nie sy geloof weggesteek nie. Thomas Cranmer was bang vir die dood, maar het tog later gewys dat hy dapper was. George Wishart was in die tronk, maar het Jesus verkondig. James Chalmers het ten spyte van die gevare die Bybel vir mensvreters gebring. Dietrich Bonhoeffer het die dood gevrees, maar wou nie stilbly nie. Nate Saint het na die gevaar toe gevlieg, maar geweet dis die moeite werd. Ivan Moiseyev het die weermag gehoorsaam, maar God eerste geplaas. Graham Staines het siek mense gehelp, maar is gedood omdat hy Jesus liefgehad het..
Laat hulle wat enduit volgehou het, jou ook inspireer om nie soos baie mense in die wêreld té maklik tou op te gooi nie.