Tien Seuns wat met hulle Talente gewoeker het

R 90.00

Wat kan jy vir die Here doen?  Hierdie seuns het grootgeword om suksesvolle mans te wees.  Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik.

Versending

Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.

Kategorie:

Beskrywing

Wat kan jy vir die Here doen?  Hierdie seuns het grootgeword om suksesvolle mans te wees.  Die twee dinge wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle gebruik gemaak het van die gawes en talente wat hulle gehad het, en dat hulle geglo het dat die Here dit vir hulle gegee het om te gebruik.  Paul Brand het sy mediese kennis na ver lande geneem om hoop te bring vir siekes. Ghillean Prance se liefde vir die natuur het hom na Kew Gardens gelei, waar die natuur vandag nog bestudeer word. C.S. Lewis het die deur na Narnia geopen, en vir baie mense die deur tot geloof. C.T. Studd het uitgeblink op die krieketveld en die sendingveld.  Wilfred Grenfell was ʼn ywerige ontdekkingsreisiger in Antartika.  J.S. Bach se musiek inspireer vandag nog miljoene mense.  James Clerk Maxwell se geloof in die geordendheid van die skepping het tot sleutel-ontdekkings in die wetenskap gelei.  Samuel Morse se patente het ontwikkel om die lewens van baie mense te red. George Washington Carver kon ʼn lewe van welvarendheid en beroemdheid ly, maar hy het verkies om die Here te volg.  John Bunyan was in die tronk, maar het ʼn boek geskryf wat tot vandag toe nog preek.