R 90.00
Augustinus het in troebel tye teen die einde van die Romeinse Ryk gelewe. Die Barbare het teen die Romeine geveg en die Christendom het ‘n stryd teen die aanbidding van die ou gode en nuwe kultusse gevoer.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Augustinus het in troebel tye teen die einde van die Romeinse Ryk gelewe. Die Barbare het teen die Romeine geveg en die Christendom het ‘n stryd teen die aanbidding van die ou gode en nuwe kultusse gevoer. Daar was baie opwindende dinge vir jong mans wat hulle nie aan die Here se wette gesteur het nie, en Augustinus het seker gemaak dat hy sy deel ook gekry het – ten spyte van die ontsteltenis en veleentheid wat dit vir sy godvresende ma gebring het.
Monika se begeerte was dat haar seun in die Here Jesus sou glo. Maar hy het sy eie kop gevolg en Christenskap vaarwel toegeroep. Hy het selfs saam met ‘n vrou gelewe met wie hy nie getroud was nie, en toe hy ‘n seun by haar gehad het, het hy groot hartseer vir sy ma gebring.
Sou Monika ooit die dag kon sien wat haar seun hom tot die waarheid bekeer het? Sy het seker dikwels daaroor gewonder. Maar dit het gebeur. Vandag lewer die lewe en geskrifte van Augustinus aan die Christelike kerk die bewys dat die Here die grootste, hardkoppigste sondaar vir Homself kan wen.
Augustinus het hom uiteindelik bekeer en tot vandag toe bly hy een van die Christelike Kerk se grootste denkers en skrywers.