R 90.00
John Bunyan het ʼn opwindende lewe gelei. Hy het die sekuriteit van sy pa se werkswinkel verlaat om aan te sluit by die Parlementêre magte wat teen koning Charles geveg het.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
John Bunyan het ʼn opwindende lewe gelei. Hy het die sekuriteit van sy pa se werkswinkel verlaat om aan te sluit by die Parlementêre magte wat teen koning Charles geveg het. In die hitte van die stryd het ʼn vriend vir John gevra of hy “ware geloof” het. Vir die eerste keer het hy gehoor dat die enigste manier om in die hemel te kom, is om te vertrou op Jesus Christus en Sy offer aan die kruis. Hy het toe ʼn begin gemaak met die pad waarop hy vir die res van sy lewe sou bly – ʼn lewe wat hom deur Burgeroorlog en ook ander konflikte geneem het. ʼn Tronksel het op hom gewag, maar ook geleenthede om die goeie nuus van Jesus Christus met ander te deel.
Hy het een van die wêreld se gunsteling skrywers geword. Sy bekendste verhaal is “Die Pelgrim se Reis na die Ewigheid.” Sy boeke is deur ʼn verskeidenheid van mense gelees – vanaf die prediker, Spurgeon, tot die bekende skilder, Vincent van Gogh.