R 90.00
Mary Slessor met haar vurige humeur en haar vlamrooi hare het in die 1800’s in die agterbuurtes van Dundee in Skotland grootgeword. Haar pa was ʼn alkoholis en haar lewe was een van armoede en swaarkry. Maar deur haar het die Here die kopbeenjagters van Calabar bereik. Bygelowig het hulle in vuilheid en geweld gelewe.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Mary Slessor met haar vurige humeur en haar vlamrooi hare het in die 1800’s in die agterbuurtes van Dundee in Skotland grootgeword. Haar pa was ʼn alkoholis en haar lewe was een van armoede en swaarkry. Maar deur haar het die Here die kopbeenjagters van Calabar bereik. Bygelowig het hulle in vuilheid en geweld gelewe.
Baie sendelinge wat Calabar toe was, het teruggekeer huis toe om nooit weer gesien te word nie. Maar, Mary het ʼn weg gebaan na juis daardie stamme waarheen ander sendelinge gevrees het om te gaan. Sy het haar veral ontferm oor die lot van tweelingetjies wat alleen gelaat was om dood te gaan. Dapper en impulsief het sy nie teruggedeins om te waag nie, en haar humeur was alombekend. Daar word gesê dat selfs die hoofmanne lig geloop het as haar oë geflits het!