R 90.00
Paul Brand het in die Kolli Malaiberge van Indië grootgeword. Hy het in die takke van bome skoolgegaan. Hy het die lewe geniet en kaalvoet geloop. Hy was nie van plan om Indië ooit te verlaat nie, skoene te dra en ʼn dokter te word soos sy pa nie.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Paul Brand het in die Kolli Malaiberge van Indië grootgeword. Hy het in die takke van bome skoolgegaan. Hy het die lewe geniet en kaalvoet geloop. Hy was nie van plan om Indië ooit te verlaat nie, skoene te dra en ʼn dokter te word soos sy pa nie.
Maar dit was nie lank voor hy en sy sussie Engeland toe gestuur is om skool te gaan nie – daar waar hulle van die oggend tot die aand skoene gedra het! Hy het probeer om die mediese beroep ten alle koste te vermy. Jare van hartseer en uitdaging het verbygegaan, totdat Paul uiteindelik tog as dokter terug is Indië toe waar daar vir hom pasiënte gewag het – melaatse pasiënte! Van toe af het hy sy lewe daaraan toegewy om hulle liefdevol te versorg, selfs tot by die punt van spesiale skoene vir hulle te maak.
Sy lewe en werk het deur die wêreld heen ʼn groot invloed uitgeoefen op die genesing en behandeling van melaatsheid. Hy het vir hierdie uitgeworpenes nuwe lewe – en nuwe hoop gebring.