R 90.00
Gladys se lewe het genoeg avontuur, massas misterie en amper te veel opwinding gehad. Sy het op eie houtjie China toe gereis omdat sy geglo het die Here stuur haar.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Gladys se lewe het genoeg avontuur, massas misterie en amper te veel opwinding gehad. Sy het op eie houtjie China toe gereis omdat sy geglo het die Here stuur haar. By haar het sy net twee tasse gehad saam met ʼn teepotjie en aan die handvatsels ʼn pannetjie vasgebind. Sy was amper gevange geneem deur Russiese soldate en moes met behulp van ʼn geheimsinnige vrou in die stikdonker nag ontsnap. In China aangekom, was dit net die begin van al haar avonture: oorloë, spioenasie, romanse, hartseer en saam met 100 kinders die lang, lang tog na vryheid toe. Op die ou end het sy geweet dat die Here altyd in beheer was. Met Hom aan haar sy was geen berg te hoog om oorkom te word nie.