R 90.00
Dit was soos ʼn kers wat in ʼn donker kamer aangesteek was … en na die duisternis was daar lig! Dis hoe Johannes Calvyn gevoel het toe hy die waarheid leer ken het nadat hy groot geword het om in baie leuens te glo.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Dit was soos ʼn kers wat in ʼn donker kamer aangesteek was … en na die duisternis was daar lig! Dis hoe Johannes Calvyn gevoel het toe hy die waarheid leer ken het nadat hy groot geword het om in baie leuens te glo. Daar is aan hom boeke gegee deur mense soos Martin Luther, en hy het met ander Hervormers gedebatteer, maar hulle kon nie daarin slaag om hom te oortuig dat die Gereformeerde leer Bybels is nie. Totdat die lig in sy eie hart en verstand deurgebreek het en die Here aan Johannes Calvyn die waarheid getoon het.
Deur sy prediking en geskrifte het hy ʼn geweldige invloed ten goede van die Hervorming uitgeoefen.