R 90.00
“Nee! Nee! Asseblief nie!” het ʼn klein seuntjie gehuil. “Ek wil asseblief by my mamma bly.
“Bly stil!” het die man geskree en sy ma hardhandig van hom af weggepluk.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
“Nee! Nee! Asseblief nie!” het ʼn klein seuntjie gehuil. “Ek wil asseblief by my mamma bly.
“Bly stil!” het die man geskree en sy ma hardhandig van hom af weggepluk.
Dit was die lot van duisende vroue en kinders vóór die afskaffing van slawerny. Onder die baie mense wat die stryd aangeknoop het om vryheid en verlossing van die gruwelikhede van die slawehandel teweeg te bring, was daar één man wat uitgestaan het, al het dit hom 45 jaar geneem. Sy naam was William Wilberforce. Hy was ʼn lid van die Britse Parlement, maar het nogtans die risiko geneem om as ʼn dwaas gereken te word omdat hy opgestaan het vir sy beginsels. Hy was ʼn voorbeeld van ʼn politikus wat standpunt ingeneem het vir wat reg is, eerder as vir dit wat gerieflik is.
“Die verhaal wat verdien om deur ʼn nuwe geslag gehoor te word,” Tony Blair.