R 90.00
Avonture van ander wêrelde en geheimnisvolle stories – dit het die jong Clive Staples Lewis gefassineer. Hy het grootgeword om die wêreld se bekende skrywer, C.S. Lewis, te word – hoewel hyself verkies het om as Jack bekend te staan.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
Avonture van ander wêrelde en geheimnisvolle stories – dit het die jong Clive Staples Lewis gefassineer. Hy het grootgeword om die wêreld se bekende skrywer, C.S. Lewis, te word – hoewel hyself verkies het om as Jack bekend te staan.
Om agter die geheim van die naamsverandering te kom asook agter sy stories, sal jy die lewensverhaal van een van die mees geliefde moderne skrywers moet lees. Sy bekendste kinderboeke is die Verhale van Narnia. As jy hulle geniet het, sal jy graag wil hoor hoe dit gekom het dat hulle geskryf is.
Lewis het ook ʼn gawe gehad om vir grootmense te skryf. Van die beste boeke in die Engelse taal kom uit sy pen. Daarbenewens was hy ʼn populêre radio omroeper asook ʼn professor in Letterkunde eers by Oxford Universiteit en later by Cambridge.