Die Prediker wat versot was op Spinnekoppe

R 90.00

Jonathan Edwards was reeds as klein seuntjie versot op die klein dingetjies in die lewe. In die tyd van wetenskaplike ontdekkings, het hy die heerlikheid van die Here in die natuur weerspieël gesien.

Versending

Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.

Kategorie:

Beskrywing

Jonathan Edwards was reeds as klein seuntjie versot op die klein dingetjies in die lewe. In die tyd van wetenskaplike ontdekkings, het hy die heerlikheid van die Here in die natuur weerspieël gesien. Sy dagboeke is gevul met sketse van plante, diere en spinnekoppe. Sy gedagtes was gevul met vrae en hy het geworstel om antwoorde te vind. Verstandelik was daar min wat by hom kon kers vashou. Dit was nie net sy verbasende intellek wat hom van ander seuns onderskei het nie, hy het ook ʼn onkeerbare drang na die dinge van God gehad. Sy genialiteit en sy vermoëns het ingepas by sy geloof en sy liefde vir die Here Jesus.

Nie alleen sy besondere gawes in prediking het hom onderskei nie, maar hierdie man wat so briljant was, sou deur toekomstige geslagte in Amerika erken word as iemand wat onmiskenbaar ʼn invloed uitgeoefen het as ʼn grondlegger van hulle land.