R 90.00
As jy in 1850 in Bristol ʼn weeskind was, was die lewe hard, maar as jy plek gekry het in Ashley Down, een van George Muller se weeshuise, het die toekoms weer gewink.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
As jy in 1850 in Bristol ʼn weeskind was, was die lewe hard, maar as jy plek gekry het in Ashley Down, een van George Muller se weeshuise, het die toekoms weer gewink.
Maar … toe George Muller jonk was, was hy selfsugtig en onbetroubaar. Hy het nie alleen sy vriende se geld gesteel nie, maar ook sy ouers sʼn. Wat het dan die groot verandering gebring: die tyd in die tronk, die tragiese dood van sy ma? Wat is dit wat ʼn dief verander het in iemand wat jy kon vertrou met miljoene Rande? Hoe het dit gekom dat hy sy geboorteland, Duitsland, verlaat het om in Engeland te gaan woon?
George het die kinders van sy weeshuise in sy hart opgeneem en hulle belange op sy hart gedra. George was die kinders se held.