R 90.00
“Ek moet maak dat ek wegkom!” het John gehyg terwyl hy sy pad deur die boskasie geveg het. Die bedompige hitte het sy wit hemp en sy broek aan sy vel laat vasklou. Die groot inboorling wat in die teenoorgestelde rigting gehardloop het, was ʼn vriend, het hy gedink. Hy het sy lewe gewaag om die nuus na John se huis toe te bring … en watter verskriklike nuus was dit nie!
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
“Ek moet maak dat ek wegkom!” het John gehyg terwyl hy sy pad deur die boskasie geveg het. Die bedompige hitte het sy wit hemp en sy broek aan sy vel laat vasklou. Die groot inboorling wat in die teenoorgestelde rigting gehardloop het, was ʼn vriend, het hy gedink. Hy het sy lewe gewaag om die nuus na John se huis toe te bring … en watter verskriklike nuus was dit nie!
“Hulle is van plan om julle almal dood te maak! Julle moet dadelik padgee!”
In die hitte en vogtigheid van ’n Suidsee Eiland was John Paton ver van sy familie en tuiste, en van die koue klimaat van Skotland af. Terwyl hy vlug vir sy lewe, het hy aan ʼn plan van redding gedink … redding vir homself van die gevare om hom, en redding vir die duisende mense wat nog nie die Here Jesus en die liefde van God leer ken het nie.