R 90.00
As eiesinnige jong seun het John van sy huis af weggeloop en onder ʼn bende rowers verval. Hy het van steel en roof gelewe. Toe ontmoet hy die Here en roep sy sondige lewe vaarwel toe om ʼn predikant te word.
Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.
As eiesinnige jong seun het John van sy huis af weggeloop en onder ʼn bende rowers verval. Hy het van steel en roof gelewe. Toe ontmoet hy die Here en roep sy sondige lewe vaarwel toe om ʼn predikant te word. Met die Here aan sy sy kon niks en niemand hom stuit nie – nie eers die konings van Engeland en Frankryk nie! As skoonseun van een van Skotland se vurigste predikers, John Knox, het ook hy behoorlik beroering veroorsaak.
Kom lees hoe hy rowwe mans makgemaak het, ʼn dorp van ʼn dodelike plaag gered het en selfs ʼn kanonkoeël ontduik het.
John Welch kon net nie gestuit word nie. As jong seun was hy onafhanklik, eiesinnig en het planne van sy eie gehad. Dit het in trane geëindig toe hy weggehardloop het van sy pa af, onder ‘n bende rowers verval het en begin steel en roof het. Dit het gelyk asof hy hierdie lewe verkies het, en niemand en niks kon hom stuit nie. Maar toe ontmoet hy die Here.