Reddings-aksie in die Nag

R 90.00

Jeya was maar net vier jaartjies oud toe sy vreesbevange in die donker van die somber tempel probeer rondkyk. Tussen die pilare was ʼn reusagtige klipfiguur. Sy sidder toe sy die gesig sien – dié van Kali, die godin van dood en vernietiging.

Versending

Woordwaarheid maak graag gebruik van die Paxi koerierdiens van Pep Stores, Suid Afrika – gewoonlik teen so min as R60 per pakkie. ʼn Bestelling kan dan gemaklik afgehaal by die Pep Stores naaste aan die besteller.

Kategorie:

Beskrywing

Jeya was maar net vier jaartjies oud toe sy vreesbevange in die donker van die somber tempel probeer rondkyk. Tussen die pilare was ʼn reusagtige klipfiguur. Sy sidder toe sy die gesig sien – dié van Kali, die godin van dood en vernietiging.

Hoekom was Jeya hier? En wie sou hierdie klein dogtertjie so hier in die donker gelaat het? Vir seker nie die God van liefde nie! Ja, God het ʼn vrou gestuur om sulke kinders te red van vernietiging – Amy Carmichael.

As klein dogtertjie met lang donker hare en bruin ogies het Amy by die Here gepleit vir blou ogies. Toe sy afbuk om klein Jeya op te tel en haar te red van tempel-slawerny, was sy baie bly dat die Here nie haar gebed beantwoord het nie … blou oë was nie die oë van Indië nie – Amy se bruin oë was!